Eenoogkoning
Salome Binnemans beleef vier oorloë: die Boereoorlog, die oorlog in Duits-Suidwes-Afrika, die Eerste en Tweede Wêreldoorlog. Eenoogkoning is ’n verhaal van liefde, verlies, swaar keuses. Lank domineer die eenoogkoning haar lewe, maar sy is ’n vrou wat terugveg.
Hierdie historiese roman neem die leser terug na die draai van die vorige eeu, na ‘n tydperk van oorloë en ontwrigting. In hierdie tyd is die geskiedenis geskryf deur koloniale magte wat eers in Suidelike Afrika en daarna in die Eerste Wêreldoorlog die grense van lande en klein volke verskuif of uitgewis het.
Die eenoogkoning is ‘n man wat in sy tyd inpas, ‘n groot karakter met geslagte van Pruisiese soldate wat oor sy breë skouers loer. Maar dan trou hy met die fynbesnede Kaapse meisie en neem haar na die dorre woestyn, waar hy vir hulle ‘n kasteel bou. Soos die storms van die tyd oor hulle was, ondergaan hulle self ook loutering en moet hulle telkens aanpas by die harde werklikhede van die tye waarin hulle leef. Die verhaal neem die leser van die skone Kaap na die Namib-woestyn en na Pretoria in die na-oorlogsjare.
Hierdie is ‘n kragtighe verhaal met grootse karakters, wat die leser aangryp en dialoog wat die historiese gebeure maklik toeganklik maak. Van die eerste woord tot die laaste, kan die leser nie onpartydig bly nie, maar word meegesleur in die lewens van die man met die oogklap en sy beminde, Salome.
ISBN: 9781920518271
Koop nou