Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Malene Breytenbach

@ Books LIVE

Malene Breytenbach Latest

Bloedgrond

Grondeise tref die gemeenskap van Nieu-Skotland in Mpumalanga. Dit, en die ou seer van die uitwissing van ’n gesin, het almal op hol: Stadskind Erin en haar advokaatman moet haar familie kom ondersteun en verdedig. Oud-recce Andrew Buchanan, wie se gesin jare gelede uitsonderlik wreed op een van die plase wat geëis word, uitgemoor is, wil wraak neem. Die plaasadel – MacFarlanes en Bells – met hul spogplase, word geteiken. Die Malazas, wrokkige werkers met verbintenisse in hoë plekke en die plaaslike polisiediens, is verbete en nie aldag eerlik nie. Superintendent Elsie Redelinghuys moet ’n katnes oopvlek en die moorde oplos.

’n Bekende boer word ook vermoor. Is dit ’n “gewone plaasmoord”, verbind aan die smagting na land, ’n plekkie van jou eie – of skuil hier iets anders? Waarom is die grond van Nieu-Skotland so deurdrenk van bloed?

ISBN: 9780624052746
Koop nou