Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Malene Breytenbach

@ Sunday Times Books LIVE

About Malene Breytenbach

Malene Breytenbach is op 1 September 1948 in Port Shepstone gebore. Haar ouers het na Rhodesië (tans Zimbabwe) geëmigreer waar sy in die laerskool Cecil John Rhodes en die Hoërskool Chaplin in Gweru was. Op ouderdom veertien het sy na Pretoria verhuis en aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool gematrikuleer.

Aan die Universiteit van Pretoria het sy die grade BA en BA(Hons) (Engels) behaal. Daarna het sy as vertaler gewerk. Sy en haar gesin het in 1985 na Stellenbosch verhuis waar sy verder studeer het en die grade Hons, magister en DPhil in Joernalistiek, MA (Ou Nabye Oosterse Studie) en MPhil (Antieke Studie) behaal het. Sy het van 1990 tot 2008 by die Universiteit Stellenbosch gewerk, in Openbare Betrekkinge, Kommunikasie en die Stellenbosch Stigting. Tans skryf sy voltyds.

In 2005 het sy gedebuteer met ’n romanse, Palmyra herleef by LAPA Uitgewers. Sedertdien het sy verskeie romanses (kontemporêr, medies en histories) by LAPA en Tafelberg, NB Uitgewers gepubliseer. Sy het ook vir Tafelberg romanses onder die skuilnaam Marilyn Bennett geskryf. Mees onlangs het haar roman Eenoogkoning by Naledi verskyn.

Tans skryf sy voltyds tuis – Romans, romanses, kortverhale, artikels en resensies.

Foto te danke LitNet

 

Please register or log in to comment