Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Malene Breytenbach

@ Sunday Times Books LIVE

Foto’s van die Woordfees-gesprek “Bloed-Wat?”

BloedgrondBy vanjaar se Woordfees het ek saam met Douwleen Bredenhann en Ilse Salzwedel aan ‘n gesprek getiteld “Bloed-Wat?” deelgeneem, wat deur Karin Brynard gelei is.

Ek, Douwleen en Ilse het gesels oor ons boeke wat al drie die woord “bloed” in die titel het. My roman, Bloedgrond, handel oor ‘n plaasmoord, Douwleen se boek, Bloedwater, gaan oor die verraad tussen twee susters en Ilse se Bloedsusters is ‘n nie-fiksie vertelling oor twee vroue wat moord- en ongelukstonele skoonmaak.

Karin het baie interessante vrae gevra oor ‘n verskeidenheid onderwerpe, van die simboliese betekenis van bloed in letterkunde tot ons kinderjare en vroeĆ« beroepskeuses.

Hier volg ‘n paar foto’s van die gesprek:

Ek, Ilse Salzwedel, Douwleen Bredenhann en Karin Brynard

Ek bespreek die verwysing na bloed in my boek Bloedgrond

Dink terug aan kinderdae op die platteland

Ons luister aandagtig na die ander sprekers

Voel sterk daaroor om in Afrikaans te skryf

Vertel van my Ou Nabye Oosterse studies en dat ek aanvanklik ‘n operasanger wou word

Ek het gevoel ek moes Bloedgrond skryf omdat die onderwerp my geraak het en na aan my hart is

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment